© 2001, 2002 Andrew Bernstein & PRODOS
The official position statement of Celebrate Capitalism
South African
Translation by Smyth Hill
DIE BERNSTEIN DEKLARASIE
Op die Beginsils en Moontlikhede van Kapitalisme
Kapitalisme is die enigste sisteem wat gebaseer is
om erkenning te gee dat elke individu
verantwoordelik is vir sy lewe. Kapitalisme is die
enigste sosiale sisteem waarbinne indivi-due vry
is om hulle rasionele selfbelange na te volg, om
eiendom te besit en om voordeel te trek uit hulle
aksies. Dit verbreed individuele regte, beperk
Konstitusionele Regering en
politieke/intellektuele en ekonomiese vryheid.
Hoe meer Kapitalisties 'n kultuur - hoe groter die
vryheid en welvaart
Dit is die bevinding van die geskiedenis. In net
twee kort sinne, Kapitalisme het die mens se
lewensstandaarde verhef tot hoogtes waarvan nie
gedroom is in die era voor Kapitalisme nie.
Vandag word gereeld vergeet dat Wes Europa, voor
die Kapitalistiese Revolusie in die laat Agtiende
Eeu, lyding onder die politieke juk van die
leenstelsel aristokrasie was, maar nie langer 'n
ekwivalent van 'n Derde Wereld land wat gebuk
gegaan het onder hongersnood, gereelde plae en
onuitgesproke armoede nie.
Wanneer laas het daar 'n hongersnood ontstaan in
enige Kapitalistiese nasie - in Wes Europa, Noord
Amerika of Asia? Die Verenigde State het nog nooit
'n hongersnood beleef in sy geskiedenis nie.
Kapitalisme het 'n oormaat geskep wat nog nie
ge-ewenaar is in die menslike geskiedenis en
honderde miljoene in staat gestel om 'n beter lewe
te he, beter as al die konings van gister.
Minder Kapitalisme beteken meer menslike lyding
Maar die nie Kapitalistiese nasies, fasciste,
sosialiste, miletere of teokratiese
diktatorskappe, verslaaf hulle eie landsburgers
aan onpeilbare vermorsing. Die lewensstandaarde
van baie Afrika lande is een of twee honderd
dollars per jaar. In Noord Korea sterf hulle by
hul duisende van hongersnood. In Kuba verdrink
hulle in hul pogings om na vryheid te swem na die
Verenigde State. Miljoene onderdrukte mense reg
oor die aardbol smag daarna om te emigreer na die
Vrye Wereld. Maar wie van die Kapitalistiese
nasies verlang om na Kambodja te emigreer?
Wat maak die Kapitalistiese sisteem se
buitengewone sukses moontlik?
Watter beginsels verduidelik die feit dat die
grootste uitvindsels en kunswerke van die
mensdom - sy mees lewensgewende materiaal en
geestelike vooruitgang - die stoom enjin, die
rolprent teater, telegraaf, telefoon, elektriese
lig, die novelle, die motor, simfonie, vliegtuie,
radio, televisie en die persoonlike rekenaar,
internet, en ontelbare mediese kure is onder
Kapitalisme geskep.
Die eenvoudige antwoord is: Vryheid
Wanneer die mens vry is om sy rasionele selfbelang
na te volg, wanneer hulle vry is om hulle gedagtes
in te span om hulle lewens te verbeter, is hulle
buitengewoon produktief. Die politieke/ekonomiese
vryheid van Kapitalisme bevry die beste denke en
die mees ambisieuse mense om te bou, te skep, te
ontwerp om hul menslike geluk te bevorder.
Die mensdom se grootste uitvinder, Thomas Edison,
het in sy labotorium in Menlo Park, projekte
geloots met die doel om profyt te lewer. Hy, en so
baie ander groot uitvinders en nyweraars was
verantwoordelik om mense se lewensstandaarde te
verhoog, groot rykdom te verdien en dit te geniet.
Vrygelaat - onder Kapitalisme - om te skep, te
produseer en te bou vir persoonlike gewin, het
hulle gevolglik ook die lewensstandaard van almal
verbeter.
Die Denke
Ingeweef in hierdie beginsel is 'n baie dieper
betekenis. Kapitalisme is die Sisteem van denke.
Die denkvermoee van 'n mens is 'n fundamentele
deel vir oorleweing, net soos die vlerke van 'n
voel. Dit is slegs deur rasionele denke en
produktiewe werk dat die mens kan uitstyg bo sy
lewensstandaard en sodoende sy lewensverwagtinge
kan vergroot. Maar die verstand funksioneer nie
onder dwang nie. Dwang verlam skeppende denke. Die
verstand kan nie verslaaf word nie. Kapitalisme
floreer omdat dit die enigste sisteem is wat vry
denke, vry mense en vry markte bewerkstellig.
Die grootste denkers en aktiviste van die
geskiedenis - van Aristotle tot John Lock, van
Thomas Jefferson tot Adam Smith, Ludwig von Mises,
en Ayn Rand - het erken, en baklei vir, die
verheerliking van die mens se denke. Hulle het
verstaan dat wanneer 'n mens onderdruk is, die
rasionele denke versmoor word, en die donkerte van
barbaarse optrede volg. Maar wanneer 'n mens vry
is om te dink en op hulle eie denke te handel, en
die gedagtes bevry is, is die Renaissance en
verligtheid moontlik. Vryheid is vryheid van
gedagtes. Onderdrukking is onderdrukking van
denke.
Universeel en Onvermydelik
Dit is nie per ongeluk dat die mens sy grootste
hoogtes bereik het gedurende die periode van
vryheid nie. Vanaf die Goue Tydperk van Athene tot
die Italiaanse Renaissance tot die tegnologiese
deurbrake van die Verenigde State, die mens se
vryheid van denke het gely tot manjifieke
vooruitgang in filosofie, die kunste en
wentenskap.
Dit is die belofte en moontlikheid van
Kapitalisme. Dit is die Kapitalistiese visie. Dit
is ook ons visie.
Die Liberale mens se verstand aanskou die skouspel
van sy vooruitgang. Luidrugtig in die skoonheid
van sy beeldhouwerke, skilderwerke en simfonies,
styg op soos die helde in sy novelle, verbaas in
sy wereldwysheid en sy tegnologiese vooruitgang.
Die Weste het kultureel en ekonomies vooruit
gegaan omdat dit ten minste eerbied vir die mens
se verstand en die onvervreemde regte van die
individu het. Hierdie is onafwendbare
voorvereistes van die mens se vooruitgang. As ons
die effek van kulturele Renaissance begeer, moet
ons die doel van politieke/ekonomiese vryheid
toelaat tot interaksie.
Die huidige penarie van die Derde Wereldse
hongersnood van miljoene is identies van die
Europa van die Donker Eeue. Politieke diktators
onderdruk hulle verstand en liggame.
Gee hulle vryheid - en gee hulle lewe. Hulle het
die voorreg om te sien wat die Weste vermag het.
Wanneer hulle Vryheid ingestel het, kan hulle die
prestasies van Kapitalisme navolg.
Jou lewe, jou keuse
Kapitalisme is die grootste weldoener wat die mens
nog gehad het. Die tyd het aangebreek dat die
denkende mans en vroue van elke nasie die feit
erken en ten volle die sisteem omarm van die
individuele regte en denke.
Mans en vroue van alle lande verenig - in julle
ondersteuning van kapitalisme. Julle het 'n wereld
vol vreugdevolle prestasies om te wen.
© 2001, 2002 Andrew Bernstein & PRODOS
The official position statement of Celebrate Capitalism
Bernstein Declaration main page
Celebrate Capitalism
|